Episodes
Die Knaap van Uririto is ń lekker ligte tong-in-die-kies storie oor ń stoere oujongnooi, Sarie, met ń oënskynlik bombastiese geaardheid. Maar diep binne is sy ń sagte mens wat smag na liefde, maar die regte man, glo sy, bestaan nie. Nie op die aarde nie in elk geval. Maar wanneer ń snaakse klein mannetjie met ń woeste rooi baard en bulderende stem een aand vanuit die lug in haar agterplaas val, verander alles. Die mannetjie heet Katram en dit blyk dat hy inderdaad nie ń aardbewoner is nie, maar dat hy afkomstig is van die planeet Uririto, ń planeet waar almal dwerge is. Die feit dat hy nie Afrikaans magtig is nie en met behulp van ń vertaal instrument in sy oor moet kommunikeer, sorg vir snaakse kommunikasie probleme tussen die twee omdat die vertaler sekere basiese Afrikaanse woorde nie verstaan nie... Die storie bereik ń verrassende wending wanneer dit aan die lig kom dat Katram nie kan terugkeer na sy planeet nie en dus vir altyd op die aarde sal moet bly. Kan hierdie mannetjie dalk die "een" wees waarop Sarie haar lewe lank wag?
Dit is 'n lighartige komiese verhaal oor Sarie, 'n oujongnooi wat heimlik smag na liefde. Wanneer 'n vreemde man met die naam Katram van die planeet Uririto in haar agterplaas neerstort, lei hul kommunikasiestryd tot skreeusnaakse misverstande. Aangesien Katram nie kan terugkeer huis toe nie, wonder Sarie of hy die liefde kan wees waarna sy gesoek het.